Geanker in geloofVoorbeeld

Geanker in geloof

DAG 1 VAN 7

Die fokus van ons geloof

Baie mense smag daarna om Jesus aan te raak (Markus 5:27) en om genees te word van die seer wat hulle lewens oorgeneem het. Ons bely dat slegs Jesus dit kan doen. Terwyl Jesus na die vrou luister, hoor Hy ook die wanhoop van die mense wat slegte nuus oor Jaïrus se dogter kom oordra. Hy hou aan luister, selfs al lag die mense Hom uit (Markus 5:40).

Tom Wright skryf dat Jesus nie gekom het om ’n eenmanbevrydingsbeweging in ’n revolusionêre sin te wees nie. Hy is ook nie ’n eenmanmediesesentrum nie. Hy het inderdaad ’n revolusie begin en God se genesende krag gebring. Tog hou sy koms soveel meer in. Hierdie gebeure was net tekens van die ware revolusie wat Jesus deur sy dood en opstanding sou bewerk. Padtekens is belangrik, maar dit is nie die eindbestemming nie.

Ons moenie dink dat ons Jesus volg as ons nie luister en medelye betoon soos Hy nie. Alles wat hier gebeur hou verband met geloof in Hom. Jesus daag hierdie vrou, Jaïrus, die nuusdraers, sy dissipels en elke leser uit: Is Jesus, die Heer oor sonde, siekte, dood en alle magte die objek van jou geloof? Wanneer ons aandagtig met medelye soos Jesus luister en die menswaardigheid van elke mens hoog ag, is ons uiteindelike doel om elkeen te help om te bely dat Hy die Seun van God is.

Here, laat ons u medelye betoon sodat mense tot geloof in U, ons Heer en Verlosser, sal kom. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Geanker in geloof

Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us