Geanker in geloofVoorbeeld

Vertrou, want God is God
As ons na die wêreld rondom ons kyk, sien ons hoe mense alles verloor — hulle besittings, kinders, ouers, lewensbestaan, werk en selfs hulle waardigheid. Niks hiervan is regverdig nie.
Dalk voel jou lyding vandag vir jou net so erg soos dié van Job of van Jesus. Wat het hulle gedoen om te verdien waardeur hulle gegaan het? God het self gesê dat Job ’n regverdige man was. Tog het hy alles behalwe sy lewe verloor. By meer as een geleentheid wou Job sterf, maar hy het nie. En dan, wanneer ons dit nie verwag nie, hoor ons hierdie woorde van geloof uit sy mond. Geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie (Habakuk 3:17-19, Romeine 8:35-39). Geloof is om aan God vas te hou ten spyte van enigiets wat gebeur.
Die elfde-eeuse Hebreeuse digter Solomon Ibn Gabirol het geskryf: “Daarom, al slaan U my, sal ek U vertrou. Want as U my onreinheid wil bereken, sal ek van U na U toe vlug. Ek sal van u toorn skuil in u skaduwee. Ek sal aan die soom van u barmhartigheid vashou totdat U my genadig is.”
Mag jy deur die genade van God aan die soom van sy genade vashou, al loop alles skeef. Jy sal sy genade ervaar!
God van genade, ek hou aan U vas. Laat my u teenwoordigheid ervaar. In die Naam van Jesus. Amen.
Hierdie oordenkings is geneem uit GEANKER IN GELOOF deur Annes Nel © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Aangaande hierdie leesplan

Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us









