Geanker in geloofVoorbeeld

Geanker in geloof

DAG 6 VAN 7

Logiese geloof?

Daar is ’n Griekse spreekwoord wat sê ’n gemeenskap word buitengewoon wanneer ou mans bome plant terwyl hulle weet hulle gaan nooit in die skaduwee daarvan sit nie.

Dit is ’n daad van hoop. Ons gee om vir die plek waar ons woon, al is dit nie altyd ’n goeie plek nie. Jeremia tree in ’n spesifieke situasie op 'n spesifieke tydstip in die geskiedenis op. Die vyand sal binnekort die plek beset. Hulle geloof sal onderdruk word. Tog word hy beveel om daar te bly en om te blom waar God hom op daardie stadium geplant het.

Daar is vandag ook baie negatiwiteit rondom ons: Ons is bekommerd oor ’n ekonomiese resessie, onstabiele geldmarkte, kos- en brandstofpryse, korrupsie en die ondermyning van God se waardes. Pessimisme dreig om ons te oorweldig.

Die adviesdienste van Jerusalem sou Jeremia waarskynlik eerder aanraai om in die mark van die wêreldmoondheid Babilon te belê. Tog koop hy ’n stuk grond waar hy waarskynlik nooit ’n boom sal plant, wingerde sal snoei of ’n huis sal bou nie.

Hoop lê nie in ons omstandighede nie, maar in God. Hoop word gebore wanneer ’n mens God se opdragte uitvoer en dan nuut na jou omstandighede kyk. God is aan die werk, selfs in moeilike en negatiewe omstandighede. Die uitdaging is om in hierdie omstandighede aandagtig na die stem van God te luister en om te doen waarvoor Hy ons in ons omstandighede roep.

Vader, laat my vandag u stem hoor. In die Naam van Jesus. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Geanker in geloof

Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us