Kinders wat 'n Verskil MaakVoorbeeld

Kids Making A Difference

DAG 14 VAN 16

Soms, selfs al wil jy rêrig graag groot goed vir God doen, sal jy vind dat jy klein dingetjies in die gesig staar wat eerder gedoen moet word. Hierdie klein dingetjies kan net so moeilik wees om te doen as die groot goed. Om klein, uitdagende dinge te doen, berei jou voor vir ander take, selfs al kan jy nie die punt daarvan insien nie. Dit is belangrik om elke taak, selfs herhalende of vervelige take te doen op 'n manier wat God vereer (wat God goed laat lyk of God goed verteenwoordig). Selfs al kom niemand dit agter of bedank jou vir wat jy gedoen het nie, sien God dit raak en is Hy tevrede. Jy sal deur God beloon word op maniere wat jy nie eers aan kan dink nie. Jy het dalk al van die groot dinge gehoor wat koning Dawid gedoen het, soos om 'n reus dood te maak. Voor dit het hy egter kleiner dinge gedoen waarvoor hy nie eers erken is nie.

Aangaande hierdie leesplan

Kids Making A Difference

Kinders kan kies om hulle tyd op 'n klomp verskillende maniere deur te bring. Hierdie leesplan daag hulle uit om met hulle lewe 'n verskil te maak! Ons kultuur stuur die boodskap aan kinders dat hulle kinderdae oor vermaak, sport en selfbevrediging gaan en om dit regtig net "rustig te vat". God het egter groter planne vir sy kinders — selfs vir die wat nog in die laerskool is!

More

We would like to thank LifeKids for this plan. For more information, please visit: www.life.church/kids