Kinders wat 'n Verskil MaakVoorbeeld

God het ons geskape om ander mense nodig te hê. As babas, het ons ons ouers nodig, maar nou, het ons ons portuurgroep nodig en ander wat God volg, net soos ons. God het vir Nehemia geroep om iets te doen wat vir hom te groot was om alleen te doen. Hy het 'n las op sy hart gevoel vir 'n probleem wat hy nie gedink het hy alleen kan oplos nie. God het nie net die voorrade voorsien wat hy sou nodig hê nie, God het ook vir Nehemia mense gestuur wat saam met hom kan werk om die mure te herbou.
Aangaande hierdie leesplan

Kinders kan kies om hulle tyd op 'n klomp verskillende maniere deur te bring. Hierdie leesplan daag hulle uit om met hulle lewe 'n verskil te maak! Ons kultuur stuur die boodskap aan kinders dat hulle kinderdae oor vermaak, sport en selfbevrediging gaan en om dit regtig net "rustig te vat". God het egter groter planne vir sy kinders — selfs vir die wat nog in die laerskool is!
More
We would like to thank LifeKids for this plan. For more information, please visit: www.life.church/kids









