Die Laaste PylVoorbeeld

The Last Arrow

DAG 5 VAN 5

 

WEES GEREED WANNEER JY DAAR AANKOM

Op 29-jarige ouderdom was ek vir ses jaar die pastoor van 'n klein gemeente in Suid-Dallas, Texas. 'n Groot geloofsgebaseerde geleentheid is elke jaar in die Reunion Arena gehou en ek het daar gereeld as 'n vrywillige plekaanwyser gedien. Net voor die geleentheid moes begin, het die uitvoerende direkteur van die kongres na my toe gekom en gesê die hoofspreker kon nie meer kom nie en ek moes sy plek inneem. Dit het hom baie oortuiging gekos om my te laat glo dat hy wou hê ek moes oor minder as 'n uur op die verhoog voor 20 000 mense optree.

Daardie aand het ek elke bietjie passie tot my beskikking gegee, maar nie omdat ek voor duisende moes optree nie. Ek het gepraat met dieselfde intensiteit waarmee ek elke week vir die 20 tot 200 mense gepreek het wat by my kerk se deure ingeloop het. Na die tyd het die direkteur my vertel dat hy, sonder my medewete, my al in Spaans in my kerk gehoor het — hy het my nie verstaan nie, maar hy het geweet wat in daardie vertrek gebeur het en het my dus met hierdie groot oomblik vertrou as gevolg van daardie klein oomblik.

Onthou die beginsel wat Jesus vir ons gegee het: "wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar" (Lukas 16:10). So baie mense probeer om "daar" uit te kom, waar "daar" ook al mag wees, maar wanneer ons daar aankom, is ons nie daarvoor gereed nie. Die grootste tragedie sou wees om jou lewe lank te wag vir daardie oomblik om te kom, in plaas daarvan om deur jou lewe jouself voor te berei vir wanneer daardie oomblik aanbreek.

Wat ek oor 'n leeftyd opgemerk het, is dat ons vanuit ons waarneming wonder hoekom God ons nie die geleenthede gegee het wat ons so graag wou hê nie, terwyl God van sy kant af wonder waarom ons verkies om onvoorbereid te wees vir die geleenthede wat Hy reg voor ons plaas. Jy weet nie watter uitdagings jy in die gesig mag staar nie, maar jy kan weet wie jy is wanneer jy voor daardie uitdagings te staan kom!

Is daar terreine in jou lewe waarvoor jy voel God jou geroep het om jouself vir iets groter voor te berei? Hoe het God jou rentmeesterskap van die klein dingetjies beloon om jou met groteres te vertrou?

Dankie dat jy Erwin se YouVersion leesplan gelees het!

Bestel jou kopie vandag! The Last Arrow klik hier

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Last Arrow

Roep jou siel dit luid uit dat jy vir meer gebore is as die lewe wat jy nou lei? Het jy jouself te kort gedoen, nie voldoende geleef nie en God se doel vir jou onderskat? In hierdie 5-dag leesplan sal leier-pastoor Erwin McManus, dapper denker van Mosaic, die weg aanwys om 'n lewe van passie, avontuur en moed te leef. Die leesplan is op sy boek, "The Last Arrow" gebaseer. Ontdek hoe om jou drome heelhartig na te strewe, om hierdie lewe voluit te leef en met die spreekwoordelike "leë pylkoker" te sterf.

More

Baie dankie aan WaterBrook Nultnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://waterbrookmultnomah.com/books/540635/the-last-arrow-by-erwin-raphael-mcmanus/