Leesplan inligting

Die Laaste PylVoorbeeld

The Last Arrow

DAG 1 VAN 5

 


MOENIE OPHOU VOORDAT JY KLAAR IS NIE


Terwyl ek oor die lewensverhaal van die profeet Elisa in die Hebreeuse Skrif nagedink het, het die konsep van Die Laaste Pyl by my opgekom. In hierdie verhaal is koning Joas van Israel gewikkel in 'n geweldige oorlog en hy gaan soek die wysheid en raad van Elisa oor hoe om teen die leërs van Juda te wen.



Elisa se raad aan Joas is: "Vat jou pyl en boog ... sit jou hand op die boog." Hy sê toe vir Joas om een van die pyle deur die venster aan die oostekant te skiet, waarna Elisa verklaar dat dit 'n pyl van die oorwinning is wat die Here aan Joas gee. Elisa sê toe die koning moet die oorblywende pyle "teen die grond slaan".



Joas slaan die pyle toe drie maal op die grond, waarna Elisa onverwags vir hom kwaad word. "Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan" (2 Konings 13:19). Die verhaal eindig daar.



Terwyl Joas dus met die belofte van 'n algehele oorwinning begin het, bevind hy homself as die ontvanger van heelwat minder. Alles wentel om een besluit — hy het die grond net drie keer met die pyle geslaan. Anders gestel, hy het te gou opgehou. Vir Elisa was die hoeveelheid kere wat Joas die pyle op die grond slaan, verbind aan sy vermoë om ten volle God se bedoeling vir hom te ontvang, maar toe hy ophou, was die algehele oorwinning verlore.



Dit laat my wonder hoeveel kere ek in my lewe gedink het ek het misluk, maar wat werklik gebeur het, is dat ek opgehou het. Sal jy aan die einde van jou lewe kan sê: "Ek het alles gegee" of sal daar 'n hol gevoel in jou siel wees dat jy te gou opgehou het, te min verwag het, dat jy nie die laaste pyl geslaan het nie? Verbind jou vandag om nie op te hou voor jy klaar is nie, want dan hou jy in werklikheid op voordat God klaar is.



Is daar areas in jou lewe waar jy te gou tou opgegooi het? Kan jy 'n patroon in jou verlede sien waar jy gedink het jy misluk, maar eintlik net opgehou het? Wat sal veroorsaak dat jy 'n mens wil wees wat die lewe ten volle lewendig leef en uiteindelik met 'n leë pylkoker sterf?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Last Arrow

Roep jou siel dit luid uit dat jy vir meer gebore is as die lewe wat jy nou lei? Het jy jouself te kort gedoen, nie voldoende geleef nie en God se doel vir jou onderskat? In hierdie 5-dag leesplan sal leier-pastoor Erwin...

More

Baie dankie aan WaterBrook Nultnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://waterbrookmultnomah.com/books/540635/the-last-arrow-by-erwin-raphael-mcmanus/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid