Leesplan inligting

Ongelyke Juk in die Huwelik: Uitdagings En GeleenthedeVoorbeeld

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

DAG 5 VAN 6

WANNEER JOU LEWENSMAAT GELOOF VERLOOR



Dit is natuurlik moontlik dat 'n huweliksmaat se denkwyse teenoor geestelike dinge oor die jare kan verander. Soms in 'n huwelik wat aanvanklik as 'n soliede, eendersdenkende eenheid tussen twee ewe toegewyde volgelinge van Jesus begin het, maak die lewe dalk later 'n onverwagse draai. Om die een of ander rede, kan een van die paartjie besluit om van die geloof af weg te beweeg. Wanneer dit gebeur, bevind die oorblywende gelowige hom- of haarself voor die uitdaging van 'n leeftyd. Om so 'n krisis te oorleef, het 'n gelowige Christen baie bystand en ondersteuning nodig.



As dit jou omstandighede is, kan jy verwag om hewige emosionele reaksies te ervaar, insluitende hartseer, teleurstelling, eensaamheid en woede. Dit is nie moeilik om te sien hoekom nie. Vir jare was jy en jou huweliksmaat in 'n intense, hegte driehoek betrokke: man, vrou en God. Nou het een van die lede van hierdie gemeenskap uit die kring gebreek. As die "oorblywende Christen", wankel jy onder die effek van hierdie verpletterende besluit. Of enigiemand dit besef of nie, gaan dit nie net bloot oor jou maat se gebroke verhouding met God nie, hy of sy verlaat jou ook. Moet dus nie verras wees indien jy seergemaak en verward voel nie.



Op hierdie stadium is jou taak om weerstand te bied teen die versoeking om uiting te gee aan die seer en verwarring. Jou missie is egter om in die leemte te staan. Doen alles wat jy kan om die sirkel te bewaar. Hou een hand in God s'n en jou ander hand in jou huweliksmaat s'n. Hou jou oë op die onsigbare derde Lid van die huweliksdriehoek. Hy is steeds daar ongeag of jou maat Hom erken of nie. Onthou dat hierdie verhouding oor toegewyde liefde gaan. Jou maat se veranderde gesindheid oor die Christelike geloof kan dit nie verander nie. Daar is geen rede waarom jy nie getroud kan bly en aanhou om jou voortgesette liefde te betoon, ten spyte van jou maat se skielike bewering om 'n ateïs te wees nie.



Om dit anders te stel, jy het 'n keuse. Enersyds kan jy paniekerig raak. Jy kan na die bom wat gebars het, uiting gee aan jou eie pyn, wat net 'n slegte situasie sal vererger. Andersyds, kan jy jou pyn na die Here neem. Jy kan die situasie in gebed voor Hom neerlê. Jy kan Hom toelaat om jou te genees, te vertroos, en toe te rus vir die taak om jou lewensmaat lief te hê. Jy kan uit die oneindige bron van sy onvoorwaardelike liefde krag put. Die besluit is uitsluitlik joune.



'n Woord van waarskuwing. Jy sal heel waarskynlik nie die regte keuse op jou eie maak — en daarby bly nie. Soos vroeër genoem, gaan jy hulp nodig hê. Jy het wyse raad en 'n sterk gemeenskap nodig. Ons stel voor dat jy sterk Bybelse leiding kry van 'n gekwalifiseerde Christelike berader. Dit is die enigste manier hoe jy jou hart sal beskerm en op koers bly wanneer jy deur die donker vallei gaan. Maak dan met twee of meer sterk Christen-vriende kontak. Hulle moet volwasse gelowiges wees wat jy in jou vertroue kan neem en wat hulself sal verbind om die moeilike reis saam met jou aan te pak. Onthou die woorde van Salomo: "Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie" (Prediker 4:9,10).



Intussen is daar 'n belangrike punt wat jy in gedagte moet hou. Jou huweliksmaat beweer dat hy die Christelike geloof verwerp het, maar jy kan seker wees dat dit 'n saak is waar "die kwessie nie die (ware) kwessie is nie". Geeneen loop na jare se getroue liefde en bediening sommer van God af weg nie. Die skielike aanvang van ateïsme is waarskynlik 'n oppervlakkige simptoom. Die ware probleem is heel waarskynlik dieper en meer persoonlik van aard. Dit is moontlik dat jou maat 'n stryd met onopgeloste pyn, konflik, woede en gekrenktheid teenoor God het. Mense voel dikwels so wanneer hulle dink dat Hy hulle onnodig toegelaat het om deur 'n slegte ondervinding te gaan.



Een ding is seker. As jy 'n weg kan vind om met empatie insig in jou maat se pyn te kry, kan die krisis die deurgang word tot 'n nuwe fase van positiewe groei in julle verhouding. Dit mag selfs die sleutel wees tot die ontdekking wat dit werklik beteken om Christus te vertrou. Wanneer jy in die versoeking is om paniekerig te raak, haal dan diep asem en fokus op hierdie gedagte. Of jou huweliksmaat dit weet of nie, kan hy of sy dalk nou nader aan God wees as ooit tevore. Die Here kom soms tussenbeide en los ons omstandighede op soos ons dit nie in ons wildste drome kan voorstel nie.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

Om getroud te wees met iemand wat nie jou geloof in Jesus Christus deel nie, is nie 'n maklike saak nie. Om nie saam te stem oor sjokolade en vanielje nie, is dalk 'n spoedhobbel. Daarenteen, om nie saam te stem oor wêre...

More

Ons wil Focus on the Family bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://family.custhelp.com/app/home

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid