Leesplan inligting

Ongelyke Juk in die Huwelik: Uitdagings En GeleenthedeVoorbeeld

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

DAG 6 VAN 6

ONDERSTEUNING VAN JOU VOLWASSE KIND IN 'N GEESTELIK GEMENGDE VERHOUDING



Hoe sal jy reageer as jy die ouer van 'n volwasse kind is — 'n kind wat jy lank bearbei, moeilik groot gemaak en gekoester het in die vermaning van die Here — en wat nou van plan is om met 'n ongelowige te trou? Moet jy praat en jou besware lug? Moet jy die potensiële gevare van die voorgenome huwelik uitwys? Moet jy so ver gaan met jou afkeuring deur te weier om na die troue toe te gaan?



Nie een van hierdie vrae het 'n eenvoudige "regte" antwoord nie. Dit is uiteindelik 'n persoonlike saak van die gewete. Die Bybelse skrywers het die saak van jou gewete baie ernstig beskou. Hulle skep ruimte vir baie vryheid in hierdie gebied (sien byvoorbeeld Handelinge 23:1; Romeine 2:15, 9:1, 14:5; 1 Korintiërs 8:1-13; 2 Korintiërs 1:12; 1 Timoteus 1:5,19; Hebreërs 9:14; 1 Petrus 3:16,21). Uiteindelik is dit slegs jy en jou huweliksmaat wat kan besluit hoe om hierdie sensitiewe situasie te hanteer.



Intussen, is daar 'n paar dinge wat jy wel kan oorweeg namate julle voortgaan. Eerstens, onthou dat as 'n volwaardige volwassene, is jou kind jou eweknie. Dit beteken dat die taak om hom of haar "groot te maak" nou afgehandel is. Jou basiese rol het nou verander van begeleier en hoof na adviseur of mentor. Natuurlik sal julle altyd ma en pa bly. Dit is te verstane dat jy graag wil hê jou kind die geloof waarin hy of sy groot geword het, moet vereer. Ondanks hiervan, is jy nie meer in die posisie om aan jou kind voor te skryf wat om te doen nie.



Jy kan bekommernisse uitspreek oor haar of sy huweliksmaat. Julle kan toepaslike Bybelse beginsels bespreek. Julle kan die verhoogde moontlikheid vir konflik uitwys in enige huwelik waar die paartjie nie saamstem oor hulle diepste, geestelike oortuigings nie. Julle kan op die jong paartjie 'n beroep doen om die potensiaal te hanteer met die hulp van 'n voorhuwelikse berader. Julle kan hierdie sake openlik en intelligent bespreek, net soos jy dit met enige ander volwasse Christen-vriend sou bespreek. Uiteindelik sal jy jou volwasse kind soos jou gelyke moet behandel en haar of sy besluite respekteer.



Tweedens, moet jy in gedagte hou dat hier, soos in elke terrein van jou verhouding met 'n volwasse kind, dit noodsaaklik is om gesonde grense te handhaaf. Dit beteken om te identifiseer wat joune is en wat nie. Dit kom daarop neer dat jy die verskil moet leer tussen die dinge wat jy kan beheer en nie kan beheer nie. Soos ons reeds gesê het, jy kan nie die gedrag van 'n ander volwassene dikteer nie. Jy kan egter vasbeslote wees om getrou te bly aan jou eie waardes en oortuigings. Jy kan ook die ander volwassene vra om jou geloof te respekteer. Is jy heeltemal oortuig dat dit verkeerd sou wees om die huwelik te ondersteun deur die troue by te woon? Is jy seker dat jy dieselfde sou voel en optree as een van die individue wat betrokke is nie jou eie kind was nie? Indien wel, hou voet by stuk. Moenie ingee onder druk nie. Moet nie jou geloof in gedrang bring om jou kind te paai nie. Maak egter seker dat jy jou optrede en keuse met deernis, sensitiwiteit en groot omgee oordra.



Ten slotte, staan genoeg tyd af om oor al jou opsies na te dink. Moenie oorhaastig optree as gevolg van emosionele reaksies nie. As jy aandagtig daaroor nadink, sal jy dalk tot die slotsom kom dat hierdie saak nie so "wit en swart" "alles of niks" is soos dit lyk nie. Dis een ding om jou goedkeuring vir 'n huwelik te gee deur aktief daaraan deel te neem. Dit is iets heel anders om dit eenvoudig by te woon en uit respek en liefde in die kerk te sit. Dit is dalk die moeite werd om jouself af te vra of daar ander maniere is om jou kommer oor die huwelik bekend te maak. Nietemin, hoe jy die situasie ook al hanteer, moet jy dit verhoed om bande met jou kind te verbreek. Jy wil nie 'n langtermyn vervreemding van die jong paartjie en jou toekomstige kleinkinders hê nie. Jy moet al hierdie oorwegings in aanmerking neem voordat jy 'n finale besluit neem.



Vir verdere hulp, besoek Focus on the Family se Webwerf of besoek INTIEM by https://intiem.co.za/voorhuwelikse-berading/.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

Om getroud te wees met iemand wat nie jou geloof in Jesus Christus deel nie, is nie 'n maklike saak nie. Om nie saam te stem oor sjokolade en vanielje nie, is dalk 'n spoedhobbel. Daarenteen, om nie saam te stem oor wêre...

More

Ons wil Focus on the Family bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://family.custhelp.com/app/home

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid