Leesplan inligting

Ongelyke Juk in die Huwelik: Uitdagings En GeleenthedeVoorbeeld

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

DAG 2 VAN 6

WANNEER JY DIT OORWEEG OM MET 'N NIE-CHRISTEN TE TROU



Die bekende ou spreekwoord sê: "Die liefde is blind". Romantiese gevoelens is selde logies, voorspelbaar, verstandig of beheerbaar. Daarom is dit makliker om "verlief te raak" op iemand wat jy nie redelikerwys as 'n huweliksmaat sou kies nie.



Wanneer dit gebeur, is dit tyd om terug te tree en afstand tussen jou denke en jou emosies te plaas. Dink versigtig oor wat dit kan beteken om in 'n lewenslange verbintenis met iemand anders te wees wat nie jou diepste oortuigings oor God, die heelal en die betekenis van lewe deel nie. Dit sal heel waarskynlik moeiliker wees as wat jy dink.



Vir 'n opregte en toegewyde gelowige, is die Here se wil altyd die oorwegende faktor. Om nie eens te noem dat die keuse van 'n lewenslange maat van diepgaande belang is nie. Vanuit die Christelike oogpunt kom dit onmiddellik na dié van 'n persoon se verhouding met God. Die gevolgtrekking moet voor die hand liggend wees. Indien jy 'n gelowige is wat in 'n diep romantiese verhouding met 'n nie-Christen betrokke is, moet jy baie versigtig nadink wat jy doen. Die uitdaging wat jy in die gesig staar is groter as die blote verskil tussen "godsdienstige menings". Dit is 'n geval van dramatiese teenoorgestelde wêreldbeskouings. Wanneer wêreldbeskouings bots, kan dit verwoestende gevolge vir 'n verhouding hê.



Indien jy in so 'n verhouding betrokke is, sal dit teen die agtergrond van al hierdie dinge, wys wees om tot tyd en wyl die remme aan te draai. Soek wyse geestelike leiding voordat jy met die verhouding verder gaan. Wees nederig en luister aandagtig na die raad van diegene met ervaring en wat vir jou lief is, veral mede-volgelinge van Christus. Jy sal dit nie berou nie.



Intussen, kan jy in gedagte hou dat dit maklik is om die situasie te beredeneer deur jouself te oortuig dat die doel is om jou vriend of vriendin tot geloof in Christus te lei. Die feit is dat "sendeling afsprake" selde 'n goeie idee is. Indien hy of sy ooit 'n opregte verhouding met die Here het, sal dit buite julle verhouding moet gebeur. Andersins, indien julle twee wel uiteindelik trou, sal jy altyd wonder of jou lewensmaat se keuse om Christus te volg uit ware oortuiging was of eenvoudig weens 'n begeerte om jou tevrede te stel en om by jou te wees.



Indien jy regtig besorg is oor jou vriend of vriendin se verlossing, is daar 'n beter manier om die saak te hanteer. In plaas daarvan om sake self te hanteer, moet jy hom of haar in aanraking bring met 'n sterk Christelike vriend wat as 'n geestelike mentor kan dien. Jy moet besef dat jy nie die rol self kan vertolk nie. Indien jy wel probeer, sal die romantiese element net die situasie vertroebel en dit vir jou moeiliker maak om oor jou eie hart te waak (Spreuke 4:23).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

Om getroud te wees met iemand wat nie jou geloof in Jesus Christus deel nie, is nie 'n maklike saak nie. Om nie saam te stem oor sjokolade en vanielje nie, is dalk 'n spoedhobbel. Daarenteen, om nie saam te stem oor wêre...

More

Ons wil Focus on the Family bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://family.custhelp.com/app/home

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid