Leesplan inligting

Ongelyke Juk in die Huwelik: Uitdagings En GeleenthedeVoorbeeld

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

DAG 1 VAN 6

DIE HUWELIK IS NIE 'N EKSKLUSIEF "CHRISTELIKE INSTELLING" NIE



Daar is geen twyfel daaromtrent nie. "Geestelik gemengde" verhoudinge is 'n algemene kenmerk van die hedendaagse huwelikslandskap. Indien jy 'n Christen is en in 'n huwelik met 'n ongelowige is, is dit deel van jou daaglikse ervaring. Dan weet jy ook dat dit 'n ernstige twispunt is en versigtige en biddende aandag nodig het.



Hierdie skeuring in denke is so betekenisvol tussen mense wat Bybel- en nie-Bybelgesind is nie, dat sommige mense eenvoudig aanvaar dat dit nie moontlik is vir paartjies wat geestelik wanaangepas is, om saam in 'n een-vlees verhouding te wees nie. Volgens hulle mening, is die enigste "ware" huwelik dié een waar beide partye ferm verbind is tot die heerskappy van Jesus Christus. Alhoewel hierdie perspektief die opregte bekommernisse oor ware en geldige sake weerspieël, is die onderwerp nie noodwendig afgehandel nie. Indien ons wil verstaan, daarmee worstel, en van voorneme is om sommige van die uitdagings die hoof te bied waarvoor "geestelik gemengde" paartjies te staan kom, moet ons begin deur te erken dat die huwelik volgens die Skrif, nie net 'n "Christelike instelling" is nie.



Die feit is dat die huwelik deur God tot voordeel van die hele mensdom ingestel is, ongeag die huweliksmaats se geestelike verbintenisse. Ons kan die huwelik sien soos Matteus 5:45 beskryf dat die "son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen." Volgens sommige teoloë, vorm dit deel van God se "algemene genade" wat Hy oor die mensdom uitstort tot voordeel van die menslike ras as geheel. Dit is dalk waar dat die huwelik slegs "in Christus" sy volle potensiaal kan bereik. Nietemin, is dit tog vir ongelowiges ook in baie opsigte voordelig.



Hieruit kan ons aflei, al is dit raadsaam vir 'n Christen om met 'n ander Christen te trou, hoef beide huweliksmaats nie noodwendig vir Jesus Christus as Verlosser en Heer te ken om voordeel uit die seëninge van die huwelik en gesin te kan trek nie. Dit is omdat die huwelik as 'n fundamentele deel van God se plan vir die hele menslike ras, op tydlose, onveranderlike en algemene beginsels gebou is. Hierdie beginsels is nie afhanklik van mense se status nie. In die begin het die Skepper hierdie beginsels gevestig en dit bly belangrik en toepaslik vir alle mense, gelowiges asook ongelowiges.



Dit is natuurlik ook nie hier klaar nie. Met die gesprek tot op hierdie punt, is dit belangrik om 'n tree terug te neem en na die huwelik as 'n geheelbeeld te kyk. Enige ware gelowige weet dat die Christelike geloof te doen het met ewige geestelike werklikhede en diep vrae oor die uiteindelike betekenis van die lewe. As ons dus na die wêreld vanuit hierdie hoek kyk, moet ons erken dat niks eintlik enige verskil maak of werklik saak maak as jy nie die Here ken nie. Die apostel Johannes skryf: "Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie" (1 Johannes 5:12). Dit is die Christelike boodskap in 'n neutedop en dit is net so op die huwelik van toepassing as op enige ander terrein van die lewe.



Ons kan ter opsomming sê dat die huwelik iets goeds is vir mans en vroue van alle gelowe en oortuigings, maar dat hierdie goeie ding nog beter kan wees as beide huweliksmaats dieselfde begrip van die huwelik se ontwerp het en dieselfde onwrikbare verbintenis met die Ontwerper deel.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

Om getroud te wees met iemand wat nie jou geloof in Jesus Christus deel nie, is nie 'n maklike saak nie. Om nie saam te stem oor sjokolade en vanielje nie, is dalk 'n spoedhobbel. Daarenteen, om nie saam te stem oor wêre...

More

Ons wil Focus on the Family bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://family.custhelp.com/app/home

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid