Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 2 VAN 25

Sagaria is gekies om die priester te wees wat die heilige gedeelte van die tempel sou binnegaan om wierook namens die mense aan God te offer. Terwyl Sagaria langs die wierook altaar staan, het hy 'n onverwagse besoek gekry! Die engel Gabriël is vanuit die hemel deur God gestuur om 'n opwindende boodskap aan Sagaria en Elisabet te bring.



“Moenie bang wees nie, Sagaria. God het jou gebede verhoor.” Dit was die woorde van die engel op hierdie geskiedkundige oomblik. God was vir 400 jaar stil en nou, op hierdie oomblik, het Sagaria die antwoord fisies gehoor — die antwoord waarvoor hy en sy vrou al baie jare, vanaf hulle troue, gebid het.



Na al die jare wat hulle gewag, gebid en geglo het, kon Elisabet en Sagaria die ingrype vanuit die hemel in hulle lewe en huwelik ervaar. Kon dit waar wees? Was dit enigsins moontlik om geboorte te gee aan 'n seun, na dekades se getroude lewe? Sou Elisabet se bejaarde liggaam in staat wees om die nege maande swangerskap en die pyn van geboorte te kon weerstaan? God, is U werklik so goed?



Dit is waar: God hoor jou gebede. Hy luister aandagtig na jou versoeke en hou van 'n gelowige se vrymoedigheid en onbeskaamdheid. Die Bybel se opdrag aan alle Christene is om aan te hou om te vra, aan te hou om te soek en aan te hou om te klop! (Matteus 7:7).



Waarvoor bid jy? Miskien bid jy gereeld, of al jare lank, vir 'n ongeredde eggenoot ... 'n wederstrewige kind ... 'n deurbraak in jou finansiële toestand ... of jou gesondheid. Jy moet Elisabet en Sagaria se voorbeeld volg en aanhou om met verwagting en hoop te bid!



Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is.



Jy eer God as jy die onmoontlike van Hom vra! Die onmoontlike is wat die God van Kersfees die beste kan doen!
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid