Leesplan inligting

Sout En LigVoorbeeld

Salt And Light

DAG 4 VAN 5

Wanneer die kerk soos sout en lig optree, sal dit lewens herskep. Dit was die geval met Elizabeth, 'n 64-jarige ouma van veertien wat in Uganda woon. Agt jaar gelede het haar kerk begin om Tearfund se beginsels toe te pas; wat die plaaslike kerk gehelp het om in hulle gemeenskap te werk en in hulle behoeftes te voorsien deur van hulle eie hulpbronne gebruik te maak.



Elizabeth se gemeenskap het opnuut ontdek wat God se doel met hulle lewens was. Sy het gesê: "Deur die Skrif met behulp van hierdie proses te bestudeer, het dit gehelp om ons kerk te laat ontwaak."



In plaas daarvan om te dink hulle kerk het niks nie, het hulle ontdek dat daar allerlei hulpbronne tot hulle beskikking was. Die gemeenskap het saam die grootste probleme uitgewys en begin saamwerk om veranderinge aan te bring.



Voorheen was die gebrek aan water 'n groot probleem. Mense moes elke dag amper vyf kilometer stap om water te gaan haal vir kook-, was- en drink-doeleindes. Die nuwe proses het hulle gelei om putte nader aan die huise te grawe. 



Daar het ook baie vrouens tydens geboortes gesterf. Die naaste kliniek was omtrent 13 kilometer ver. As 'n vrou gedurende die nag in kraam gaan, was daar nie hulp beskikbaar nie. Die gemeenskap het dus tien vroedvroue opgelei. 



Soveel dinge in Elizabeth se gemeenskap het verander. Nou gebruik mense bakstene om veiliger huise te bou, hulle hou meer diere aan, grawe visdamme, plant sitrusbome en verbou meer gewasse. Ongelooflike veranderinge het in die gemeenskap plaasgevind, omdat die kerk besluit het om aktief die hande en voete van Jesus te wees.





Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Salt And Light

Jesus roep die kerk op om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees. Hierdie eienskappe is broodnodig vir 'n oorvloedige lewe. Hierdie studie ondersoek hoe ons veronderstel is om as die sout en lig op ons ...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid