Leesplan inligting

Sout En LigVoorbeeld

Salt And Light

DAG 2 VAN 5

In antieke tye was sout lewensbelangrik. Hierdie mineraal het medisinale eienskappe en is as 'n natuurlike antiseptiese middel gebruik om wonde te reinig en bakterieë dood te maak. Sout is ook gebruik om voedsel te preserveer, veral in 'n warm klimaat waar kos gou bederf, en net soos deesdae is dit ook as 'n geurmiddel gebruik. 



In die Skrif waarsku Jesus sy dissipels dat hulle nie hulle "sout" moet verloor nie. Die sout wat in daardie tye gebruik is, is uit die Dooie See gegrawe. Mettertyd sou van die sout oplos en 'n onsuiwer neerslag wat soos 'n kalkagtige stof is, sou agterbly. Al het dit soos sout gelyk, het dit nie sout se eienskappe gehad nie. Hierdie nuttelose produk was nie geskik om vir enigiets gebruik te word nie en is weggegooi.



Iets wat soos sout lyk, maar nie die eienskappe van sout het nie, is geweldig teleurstellend. Dis hoekom Jesus wil hê dat ons ons kenmerkende soutigheid moet behou, sodat ons 'n impak op die wêreld om ons kan maak. Dit beteken dat ons in die regte verhouding met Hom moet staan en sy gebooie gehoorsaam.



Die kerk se roeping is om geur in elke aspek van die lewe en gemeenskap te bring en sodoende die invloed van sonde en die bose teë te werk en te help om die wêreld vir ons 'n beter plek te maak om in te floreer. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Salt And Light

Jesus roep die kerk op om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees. Hierdie eienskappe is broodnodig vir 'n oorvloedige lewe. Hierdie studie ondersoek hoe ons veronderstel is om as die sout en lig op ons ...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid