Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Filippense 1:3-11.
Sluit die leesplan af deur die volgende gedig (uit Engels vertaal) te lees.
'n Tuin van Geregtigheid
deur Susan Sampson, Thistlebend Ministries
Nou is die tyd, nou is die seisoen;
Vir die glorie van God, dit is die rede.
Nou is die tyd, tyd om te ontwortel;
Die sonde in ons hart, sodat ons vrug mag dra.
Ons harte is droë en dorre grond;
Geen skoonheid is daar te vinde.
Onkruid van selfsugtigheid, luiheid en trots oorvloedig.
Niks van waarde vir 'n kroon.
Here, dit is vir seker nie U visie nie;
Hierdie droë en afskuwelike onkruid-besmette tuin.
'n Waterryke tuin is u volmaakte plan.
Die vertoon van u skoonheid om aan almal te wys.
Vader, help my, ek kan dit nie alleen doen nie;
Kyk na al die onkruid wat gegroei het.
Help my asseblief om die grond van my hart los te spit.
Ja — die Woord van God is die plek om te begin.
Want God se woorde is die saad wat ek nou moet saai;
Tog is dit net God wat dinge kan laat groei.
Ek moet die saad in my hart en gedagtes saai;
En dag en nag God se wet bepeins.
Ek moet die saad van geregtigheid in my hart plant;
Die Here sal die pragtige oes gee.
Ons sal die vrug van onfeilbare liefde oes
As ons nie moeg word en opgee nie.
Soos 'n waterryke tuin sal ons harte wees;
Soos 'n fontein waar die water vryelik loop.
Die vrug van die regverdiges is 'n boom van lewe;
Eike van geregtigheid vir sy genot.
Soek dus eers sy geregtigheid en plant daardie saad;
Roep uit na jou Vader in ware nederigheid.
Die beloning sal so geurig en soet wees.
Pragtige bloeisels — liefde, vreugde en vrede!
Eer aan die Een wat alleen kan laat groei!
Prys die Here —
Vir die oes wat Hy laat groei het;
'n Honderd keer meer as wat gesaai is!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus:
www.thistlebendcottage.org/