Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 1-2 vandag.
Ter afsluiting gaan ons die laaste paar dae gebruik om Efesiërs te hersien. Vra die Here om jou te wys wat Hy vir jou in hierdie hoofstukke op 'n nuwe en dieper wyse sê.
PLANT DIE SAAD
Kies vandag jou eie Skrifgedeelte uit Efesiërs 1-2. Kies dan een waarmee jy graag wil voortgaan wat in jou hart kan aanhou "groei" en oordink dit dan of memoriseer dit selfs.
GEE DIE SAAD WATER
Hoe kan jy dit toepas wat jy uit Efesiërs 1-2 gelees het? Watter waarhede kan jy sien wat die vrug van geregtigheid in jou lewe voortbring? Seën iemand en gee aan God die eer. Stuur 'n teksboodskap of e-pos aan 'n vriend en deel met hulle hoe die Here jou bemoedig het.
DRA VRUG
Watter gedeelte neem jy vandag saam met jou?
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More