Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 38 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID

vriend

Lees Efesiërs 4.

Vra die Here se hulp om te sien en hoor wat Hy vir jou in hierdie hoofstuk op 'n nuwe en dieper wyse wil sê.

PLANT DIE SAAD

Kies vandag jou eie Skrifgedeelte uit Efesiërs 4. Kies een wat jy graag wil hê om in jou hart te "groei" en oordink dit of memoriseer dit selfs.

GEE DIE SAAD WATER

Hoe kan jy toepas wat jy vandag uit Efesiërs 4 gelees het? Watter waarhede sien jy wat die vrugte van geregtigheid in jou lewe voortbring? Seën iemand en gee aan God die eer. Stuur 'n teksboodskap of e-pos aan 'n vriend en deel met hulle hoe die Here jou bemoedig het.

DRA VRUG

Watter een boodskap neem jy vandag met jou saam?

SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org/