Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 32 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 6:5-9. Wat sê die Here vir slawe? Eienaars? Hoe kan ons almal dit in ons daaglikse lewens toepas? Is ons nie almal slawe van die Here nie? Hoe moet ons elke dag lewe en met watter ingesteldheid?

PLANT DIE SAAD

Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 6:6-7: "Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen."

GEE DIE SAAD WATER

Wat is jou daaglikse pligte? Wat is jou ingesteldheid teenoor elkeen van daardie pligte? Dink na oor jou dae. Werk jy asof jy vir die Here werk? By die huis? By die werk? By die skool? Gee jy jou alles vir die Here? Dink jy jy probeer dalk dinge in jou eie krag doen? God soek diegene wat die Here met 'n suiwer hart dien. 2 Kronieke 16:9 sê: "Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou ..." Van een man word gesê: "Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie” (2 Kronieke 34:2). Vra die Here om jou te help om Hom met die regte hart te dien. As jy oorweldig voel, vra Hom vir hulp. Vra Hom vir sy genade en krag. Moenie opgee of ingee nie. Wees versigtig wie se oë jy tevrede wil stel (Kolossense 3:23). Wat sal die Here se oë in jou sien?

DRA VRUG

Doen alles asof jy dit vir die Here doen.

SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org/