Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 33 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 6:10-12. Lees hierdie Skrifgedeelte as 'n gebed. Dit mag dalk baie bekend wees, maar selfs dan, wees rustig en maak 'n lysie in jou kop van die wapenrusting wat die Here vir jou gegee het. Hy het ons nie alleen gelos nie — Hy is hier by ons. Hoe kan jy optree wanneer jy bang is? Wanneer jy kwaad is? Wanneer jy in versoeking kom? Wanneer die vyand om jou rondsluip? Hoe stry ons die stryd deur sy krag en nie ons eie nie? Dit is wat Paulus vir ons deur middel van beeldspraak probeer verduidelik, hoe ons ons met Christus en sy krag moet beklee. Hy sê ons moet die volgende aantrek: die gordel van waarheid, die borsharnas van vryspraak, die evangelie van vrede, die skild van geloof, die helm van verlossing, die swaard van die Gees en om gedurig te bid!

PLANT DIE SAAD

Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 6:11: "Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel."

GEE DIE SAAD WATER

Staan sterk en moenie aan jou gevoelens toegee nie. Moenie gevang word deur verkeerde gedagtes nie. Stop en wag 'n oomblik voor jy optree. Trek jou wapenrusting aan en moenie onvoorbereid, swak toegerus of onopgelei tot die stryd toetree nie. Wees wys deur te gebruik wat die Here vir jou gegee het. "Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag!" (Efesiërs 6:10). So dikwels voel ons soos 'n slagoffer as ons deur die vyand aangeval word. Die waarheid is dat ons in 'n stryd is — op die slagveld. Wat beteken dit? Neem tyd en dink daaroor. Watter aanpassings moet jy in jou denkpatroon maak? Hou jy nie so baie van kamofleerdrag nie? Wys die Here vir jou enige teëstand in jou hart vir die idee om vir mekaar te leef; om deel te wees van 'n gevegsgroep? 2 Timoteus 2:3-4 sê: "Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus. ‘n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.”

DRA VRUG

Weerstaan die duiwel.

SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org/