Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 5-6.
Vra die Here se hulp om te sien en hoor wat Hy vir jou in hierdie hoofstukke op 'n nuwe en dieper wyse wil sê.
PLANT DIE SAAD
Kies vandag jou eie Skrifgedeelte uit Efesiërs 5-6. Kies een wat jy graag wil hê om in jou hart te "groei" en oordink dit of memoriseer dit selfs.
GEE DIE SAAD WATER
Hoe kan jy toepas wat jy vandag uit Efesiërs 5-6 geleer het? Watter waarhede sien jy wat die vrugte van geregtigheid in jou lewe voortbring? Seën iemand en gee aan God die eer. Stuur 'n teksboodskap of e-pos aan 'n vriend en deel met hulle hoe die Here jou bemoedig het.
DRA VRUG
Watter een boodskap neem jy vandag met jou saam?
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More