Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 35 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 6:18-24.

Paulus vra die Efesiërs om vir sy prediking van die Woord van God te bid. Sal jy sommer nou tyd maak om vir jou leraar te bid? Gebruik hierdie verse om jou in gebed te lei. Sal jy 'n dag per week kies om gereeld vir hom te bid?

PLANT DIE SAAD

Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 6:18: "Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges."

GEE DIE SAAD WATER

Hoe wil Paulus hê jy moet bid? Neem hierdie Skrifgedeelte ter harte. Wat moet jy doen om aan hierdie opdrag gehoorsaam te wees? Watter aanpassings moet jy in jou gebedslewe maak? Mag ek jou vra om ook vir my te bid? Mag ek jou ook vra om te bid dat ek op so 'n manier sal wandel wat die evangelie waardig is en God in elke opsig verbly? Sal jy ook bid dat ek die Woord van God korrek, met krag en sonder kompromie, in die Gees en met die krag van God sal onderrig? Dankie!

DRA DIE VRUG

Bid gedurig en bly waaksaam.

SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org/