Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 6:13-17. Die Here sal heel waarskynlik omstandighede in jou lewe toelaat wat jou sal beproef. Sal jy geloof hê of sal jy bang wees? Is daar enigiets in jou lewe wat jou geloof op die proef stel? Waarvoor is jy bang? Op watter gebied word jy uitgedaag om jou geloof in die Here te plaas? Vertel hierdie dinge vir die Here en trek dan die volle wapenrusting van God aan. Gebruik elke stukkie wapenrusting om hierdie stryd te stry. Kyk weer na gister se oordenking, indien nodig.
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 6:14: "Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as die gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas."
GEE DIE SAAD WATER
Hierdie gedeelte in Efesiërs vertel ons om ons heupe met die waarheid te omgord. God het sy Woord aan ons as skild gegee. Die waarheid word aan ons gegee om ons teen leuens te beskerm. Ons word met onwaarhede in ons kultuur — op die nuus, in rolprente, en op TV — bestook. Soos jy vandag deur jou dag gaan, let aandagtig op na die gedagtes wat deur jou kop gaan. Wees bewus van die dinge wat jy oor die radio hoor of in die koerant lees. Jy het bonatuurlike wapenrusting ontvang, trek dit dus aan! Omgord jou heupe met die waarheid uit die Woord van God voor jy met jou stiltetyd klaarmaak. Trek jou wapenrusting aan en wees gereed.
DRA VRUG
Staan vas.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More