Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Daar is twee soorte reinheid waarop almal moet fokus. Die eerste is uiterlike reinheid, wat die manier is waarop julle optree. Dink hieraan: as jou huweliksmaat 'n hele dag lank 'n video oor jou optrede sou kyk, sou hulle trots of teleurgesteld in jou wees? Weerspieël jou kleredrag reinheid? Weerspieël die manier waarop jy praat reinheid? Weerspieël dit waarna jy kyk reinheid?
Gesprek: Vra mekaar hierdie vraag: Watter uiterlike veranderinge moet jy maak om 'n lewe van reinheid te weerspieël?
Bid: Vra God om julle te oortuig van enige uiterlike veranderinge wat julle moet maak en om jul daarmee te help terwyl julle albei na reinheid streef.
Doen: Soek na 'n nuwe of prettige resep en kook iets saam. Geniet 'n goeie gesprek terwyl julle kook.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church