Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 17 VAN 33

'n Ander soort pret wat alle getroude paartjies moet geniet, is om tyd saam deur te bring. Hoe kan jy verwag dat jou huwelik sal groei as jy nie tyd saam deurbring nie? Mans smag na aktiwiteitstyd saam met hul vrouens. Trouens, mans is meer geneig om oop te maak wanneer hulle iets met hul huweliksmaat doen wat hulle geniet. Belangriker nog, om tyd saam deur te bring, kan tyd gee vir goeie van aangesig tot aangesig gesprekke.

Gesprek: Bespreek die dinge wat julle die meeste geniet om te doen. Praat oor hoe jul belangstellings oor die jare verander het.

Bid: Vra God om vir julle geleenthede te gee om meer tyd as 'n paartjie saam deur te bring. Dank Hom vir al die wonderlike tye wat julle al saam geniet het.

Doen: Doen vandag iets spontaan saam met jou maat, soos om onverwags saam 'n middagete of aandete te gaan geniet, op 'n rit te gaan om van jou gunstelingplekke weer te besoek, of om saam te gaan stap.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church