Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 22 VAN 33

Reinheid is absoluut noodsaaklik vir 'n lang en gesonde huwelik. Te dikwels is dit 'n gebrek aan reinheid wat veroorsaak dat huwelike misluk. Hierdie week sal jy die belangrikheid van reinheid in jou huwelik leer en maniere bespreek waarop jy kan verseker dat jou huwelik rein bly.

Die Woord van God is baie duidelik oor reinheid. Jy moet jouself rein hou sodat jou huwelik rein kan bly. Jy moenie toksiese dinge in jou lewe toelaat wat jou reinheid kan bevlek en jou huwelik kan vernietig nie.

Gesprek: Bely aan mekaar as daar iets in julle lewens is wat julle voor mekaar en God geplaas het.

Bid: Vra God se hulp om daardie dinge te verwyder wat julle aandag van mekaar aflei en wat onreinheid in julle huwelik kan bring.

Doen: Gee hierdie week iets prys waarvan julle hou as teken van jul verbintenis tot reinheid in jul huwelik.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church