Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 18 VAN 33

Die derde soort pret wat alle getroude paartjies moet geniet, is intimiteit. Seks en intimiteit binne 'n huwelik is noodsaaklike komponente om 'n gesonde huwelik te hê. Baie studies het getoon dat paartjies wegdwaal van hul huwelik wanneer intimiteit nie teenwoordig is nie, aangesien hulle dit elders probeer vind. Dit is belangrik om daardie passievolle vuur wat julle aan die begin van jul huwelik gevoel het, deur die res van julle lewe saam, aan die brand te hou.

Gesprek: Bespreek die verskillende maniere om julle huwelik op te kikker en intimiteit te verbeter.

Bid: Vra God se hulp om intimiteit 'n prioriteit in julle huwelik te maak.

Doen: Implementeer een van die idees wat julle bespreek het om intimiteit in julle huwelik te verbeter.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church