Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Onthou jy hoe dit was toe jy jou huweliksmaat die eerste keer ontmoet het en die onbeskryflike gevoelens wat jy toe gehad het? Het jy vandag nog dieselfde gevoelens as wat jy toe gehad het? Die kanse is goed dat jou gevoelens vir jou maat steeds sterk is, maar waarskynlik nie met dieselfde intensiteit as wat dit in die begin was nie. Om weer te kry wat julle voorheen gehad het, moet julle doen wat julle vroeër gedoen het. Dink terug aan die romantiese dinge wat julle in daardie dae gedoen het en streef daarna om dit weer in julle huwelik terug te bring.
Gesprek: Deel met mekaar die vyf dinge wat julle die meeste van mekaar gehou het.
Bid: Dank God vir al die lekker tye wat julle al saam in jul huwelik gehad het en vra Hom vir nog jare in die toekoms.
Doen: Staan tyd af om saam na ou foto's of video's van julle troue of van julle eerste dae as 'n paartjie te kyk. Geniet dit om saam te onthou.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church