Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Die Bybel wys vir ons dat daar drie soorte pret is wat elke getroude paartjie moet geniet. Die eerste is om tyd van aangesig tot aangesig met mekaar deur te bring. Onthou jy daardie dae toe jy tot 02:00 gekuier en gesels het? Streef daarna om daardie soort gesprekke terug te bring. Moenie die tyd deurbring om altyd oor julle besige skedules, dinge om te doen en frustrasies te praat nie. Praat oor die dinge wat die belangrikste in julle lewens en huwelik is. Komplimenteer mekaar en bou mekaar op met julle woorde. Druk julle liefde uit deur woorde soos ons in die Hooglied van Salomo vind.
Gesprek: Praat oor hoe jy die eerste keer gevoel het toe jy jou maat ontmoet het en deel met mekaar die redes waarom julle op mekaar verlief geraak het.
Bid: Dank God vir die eienskappe wat jy die meeste van jou huweliksmaat liefhet. Bid dat God sal aanhou om daardie eienskappe nog meer te ontwikkel.
Doen: Speel vandag 'n speletjie en geniet 'n tyd van gesprek terwyl julle speel.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church