Leesplan inligting

Op vlerke van geloofVoorbeeld

Op vlerke van geloof

DAG 7 VAN 7

“Snel my swak wil te hulp, Here!” “Vir die een wat glo, kan alles,” was Jesus se antwoord aan die man in Markus 9 wat gevra het dat Jesus sy kind genees. “Ek glo, Here, help my in my ongeloof,” lees ons in vers 24 (Bybel in Afrikaans 1983/1992). Wat ’n opregte man! Dis nie iemand wat maskers opsit en voorgee nie, of hom laat afsit deur die swakheid van sy eie vlees nie. Sy oë is op die doel, Jesus, en hy gaan nie daarvan afwyk nie. “Here, hier kom ek, help my asseblief, want ek gaan waarskynlik struikel. Dis nie omdat ek nie by U wil wees nie. Al moet ek kruip tot by U, ek is op pad! Niks keer my nie.” Ek en jy kom by ’n plek in ons lewe waar ons besef hoeveel vlees daar regtig in ons is. Ons begeer om swaar harte voor God te hê. Ons wil graag die wil van God in ons lewe laat geskied, maar daar bly soms dele wat, ondanks ons begeerte na God, moeilik oorwin word. Wanneer ons met sonde gekonfronteer word, gryp ons wese daarna ten koste van ons begeerte na God. ’n Alkoholis se worsteling is ’n voorbeeld. Hy begeer God, maar in die teenwoordigheid van drank sal sy opregte gebed wees: “Here, kom my swak wil te hulp,” want op daardie oomblik smag sy siel na alkohol in weerwil van sy begeerte om daarvan weg te breek. So ’n gebed gryp na God ongeag die swakheid van die vlees. Dit sê: “Ek gee nie om aan watter kragte en magte my liggaam en siel onderworpe is nie, ek wíl na God.” Wanneer ’n mens op die stadium in jou lewe kom waar jy verlos wíl wees, is verlossing naby. Dis hoe iemand lyk wat Jesus begeer en wat Jesus beleef. “Here, kom my ongeloof te hulp!” Hierdie oordenking is geneem uit OP VLERKE VAN GELOOF deur Riekert Botha © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Op vlerke van geloof

Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van ...

More

Ons wil graag Riekert Botha / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid