Leesplan inligting

Op vlerke van geloofVoorbeeld

Op vlerke van geloof

DAG 1 VAN 7

“Soos julle Hom aangeneem het, wandel so in Hom” Kolossense 2:6-7 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) is vir my ’n baie mooi verduideliking van die Christelike lewe. Dit sê vir my presies hoe dissipelskap werk. “Aangesien julle Jesus aangeneem het … ” Hoe was dit? Dit het begin met die aanhoor van die evangelie en die oortuiging van die Heilige Gees dat Jesus is wie Hy gesê het Hy is en dat Hy kan doen wat Hy gesê het Hy kan doen. Ons het Jesus deur die geloof aanvaar en aangeneem as ons Saligmaker, Here en Verlosser. Ons glo Hy verlos en reinig ons en dat ons deel van die Vader se huisgesin is – omdat God so gesê het. Op dieselfde wyse ontwikkel ons verhouding en geestelike groei met Jesus. Deur die geloof reageer ons op die Woord van God met die oortuiging van die Heilige Gees. Ons aanvaar God het ons van die duisternis tot in die lig oorgebring en dat ons saam met Hom lewe. Nou kan ons die kosbare beloftes van God in besit neem. Ons lewe as nuwe mense “wat as die beeld van God geskep is” (Ef 4:24, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Ons word met die Heilige Gees gedoop en in die gawes van die Gees bedien. En ons word vrygespreek omdat ons glo (Rom 1:17). Deur die geloof kry Jesus in ons gestalte en ons oorwin die vlees in ons – die oë gevestig op Jesus. Deur die geloof is ons wedergebore en groei ons in Jesus. Hierdie oordenking is geneem uit OP VLERKE VAN GELOOF deur Riekert Botha © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Op vlerke van geloof

Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van ...

More

Ons wil graag Riekert Botha / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid