Leesplan inligting

Op vlerke van geloofVoorbeeld

Op vlerke van geloof

DAG 5 VAN 7

“Wat is beproewing?” Paulus praat in Romeine 5:3-4 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) van “egtheid van geloof”. Wat ’n mooi frase! Dis een manier om te verduidelik waaroor die geloofslewe gaan. God soek by ons egtheid van geloof, maar daar is soveel dinge in ons lewe wat dit besoedel. Geestelike groei het te make met die suiwering van ons geloof in Jesus Christus tot al die onsuiwerhede uitgehaal is en net die egte oorbly. Teenoor eg staan oneg. Ander woorde wat ons ook kan gebruik, is suiwer en onsuiwer. Hoe suiwerder goud is hoe waardevoller is dit, maar ondanks mense se moeite is goud nog nie 100% suiwer nie. Dis ’n eeue oue strewe. Daar is waarde in suiwerheid. Ons hele lewe lank werk God met ons om ons geloof in Hom te suiwer, want geloof in God bring lewe – die grootste waarde wat daar is! Elke huiwering in ons om God toegang tot ons lewe te gee, is onsuiwerhede wat verwyder moet word. Ongehoorsaamheid is onsuiwerheid. Ons almal het eintlik ’n allooi-geloof. Dis die suiwer goud van God gemeng met ander metale van ons vlees. Hoe meer allooi-metale ons geloof bevat hoe minder reflekteer ons God se heerlikheid. Metallurge weet hoe suiwerder goud is hoe beter reflekteer dit lig. God weet hoe suiwerder geloof is hoe beter reflekteer dit Hom. Jesus is die suiwerste voorbeeld van geloof en heerlikheid wat daar is, want Jesus reflekteer die Vader 100%. Hierdie oordenking is geneem uit OP VLERKE VAN GELOOF deur Riekert Botha © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Op vlerke van geloof

Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van ...

More

Ons wil graag Riekert Botha / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid