Leesplan inligting

Op vlerke van geloofVoorbeeld

Op vlerke van geloof

DAG 4 VAN 7

“God suiwer my geloof met sy Woord” Paulus, Petrus en Jakobus het die gelowiges tot suiwerheid gemaan. Paulus skryf aan die gemeente in Efese: “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word” (Ef 4:22, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Petrus sê ook vir die gelowiges hoe hulle suiwerheid in hulle lewe moet bevorder: “Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry” (1 Pet 2:2, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Jakobus deel praktiese wysheid aan die gemeentes uit: “Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red” (1:21, Bybel in Afrikaans 1983/1992). God se Woord suiwer die hart. Ons lees ook in die Psalms (Bybel in Afrikaans 1983/1992): “Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!” (Ps 119:9) “Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in ’n oond gesuiwer is” (Ps 12:7) en “Die gebod van die Here is helder: dit gee insig” (Ps 19:9). Johannes het jare later die groot onthulling gemaak dat die Woord self God was, soos ons in Johannes 1:1 lees. Die Woord van God is nie wette en regulasies nie, maar ’n Persoon – Jesus Christus. Hy is die suiweraar van harte. Om te groei in Jesus is om gesuiwer te word. Daar is nie ’n ander soort suiwerheid beskikbaar nie. Dit is die suiwering van God. Krisisse, beproewings en versoekings bring ons nader aan Jesus – die Geliefde. Dit is die evangelie. Dit is ook ons afspraak vandag. Hierdie oordenking is geneem uit OP VLERKE VAN GELOOF deur Riekert Botha © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Op vlerke van geloof

Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van ...

More

Ons wil graag Riekert Botha / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid