Leesplan inligting

Op vlerke van geloofVoorbeeld

Op vlerke van geloof

DAG 3 VAN 7

“Die innerlike mens kan die onsienlike sien” Eenkeer het ’n ou oom in ’n tentjie op ’n vlakte oornag. Dit was net hy en sy helper. In die nag omsingel ’n moordbende hulle en vroeg die oggend toe die helper die vuur vir koffie maak, gewaar hy die gewapende manne. Hy skrik hom boeglam en skreeu vir die oom: “Gou! Ons is omsingel! Help!” Die ou oom steek sy kop by die tent uit, kyk rond en sug. “Ag, Here,” bid hy, “gee asseblief aan my helper die vermoë om die onsienlike te sien.” Die volgende oomblik sien die helper dat daar reg rondom hulle tent – tussen hulle en die geweldenaars – ’n magtige hoeveelheid engele in strydwaens van vuur staan. Die oom en sy helper is nie alleen nie, maar die geestelik blinde oë kon dit nie sien nie. Die ou oom was Elisa en sy storie word in 2 Konings 6 vertel. Paulus bid ’n soortgelyke gebed vir die gelowiges in Efesiërs 1:18 (Bybel in Afrikaans 1983/1992): “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou.” In Efesiërs 3:19 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) bid Paulus verder: “Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.” In Hebreërs word daar van Moses gesê: “Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien” (Heb 11:27, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Daar is soveel verdoemende dinge wat elke dag om ons gebeur, maar wedergeborenes leef nie uit wat hulle op TV sien, op radio hoor of in koerante lees nie. Hulle het hoër kennis, dieper insig en helderder gehoor as die wêreldling. Hulle kan God sien, hoor en beleef. Deur die geloof sien ons, hoor ons en leef ons “want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie” (2 Kor 5:7, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Hierdie oordenking is geneem uit OP VLERKE VAN GELOOF deur Riekert Botha © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Op vlerke van geloof

Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van ...

More

Ons wil graag Riekert Botha / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid