Leesplan inligting

Op vlerke van geloofVoorbeeld

Op vlerke van geloof

DAG 6 VAN 7

“Hoe suiwer probleme my geloof?” Ons lees in Jesaja 48:10 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) dat God vir Israel sê: “Ek het jou gelouter in die smeltkroes van ellende.” Jakobus skryf aan die Joodse gelowiges en sê: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard” (1:2-3, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Daar is iets aan ’n krisis wat die dieptes van ons siel openbaar. Twee dinge kan in ’n krisis gebeur en in die meeste gevalle gebeur albei: In ’n krisis reageer ons instinktief en dit is in daardie reaksies waar ons dikwels sien hoeveel bitterheid of kwaad daar nog in ons steek – dinge waarvan ons dalk nie vroeër bewus was nie. ’n Krisis stel ons vertroue in God op die proef. Dit daag ons as’t ware uit om God onvoorwaardelik te vertrou in ’n situasie wat ons bedreig en ongemaklik laat voel. Die gevolg van hierdie loutering gaan óf ons geloof in Jesus versterk óf dit gaan die ongeloof en pretensies in ons openbaar. Paulus skryf: “Elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets” (1 Kor 3:13, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Alhoewel hy van die wederkoms van Jesus praat, is dit tog ook waar van krisisse en ellende in ons elkedagse lewe. Die lewe wat God beloof, lê in ons verbintenis met Hom, en dít is wat egtheid van geloof beteken. Daarin lê lewe, en lewe is die grootste heerlikheid vir die mens. Hierdie oordenking is geneem uit OP VLERKE VAN GELOOF deur Riekert Botha © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Op vlerke van geloof

Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van ...

More

Ons wil graag Riekert Botha / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid