Leesplan inligting

Op vlerke van geloofVoorbeeld

Op vlerke van geloof

DAG 2 VAN 7

“Wat beteken geloof in Jesus?” Om geloof in Jesus te hê kan ’n verwarrende konsep wees. Vir party mense is dit soos om in die tandmuis of Kersvader te glo. Om in Jesus te glo beteken veel meer as dit. Dit beteken veel meer as om die leerstellings van die kerk te aanvaar soos ons van kleins af geleer is. Ons lees in die Johannes 20:31 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) dat Johannes Jesus se wondertekens beskryf sodat ons in Jesus kan glo en “in sy Naam die lewe kan hê”. Om in Jesus te glo beteken dat ons verstaan en besef Hy is wie Hy gesê het Hy is – en niks minder nie. Hy is die weg, die waarheid en die lewe (Joh 14:6). Ons weet dat Jesus die Oppergesag van die hemel en aarde is en dat sy heerskappy ons die ewige lewe waarborg. Ons begryp dat Hy in staat is om ons uit die dood te verlos en ons siel van verderf te bewaar. Ons glo dat Hy ons na die hart van God sal lei ongeag die omstandighede waarin ons ons bevind. Ons begrip en geloof in Jesus is sigbaar in die feit dat ons daarop reageer en ons lewe voor Hom blootlê om oor ons te regeer soos Hy goeddink. Nie net weet ons Hy is beskikbaar nie, maar ons gee Hom onbeperkte toegang tot ons wese. Dis die enigste geloof wat voor God kwalifiseer, wat God se guns wek en wat God se lewe vir mense oopsluit. Hierdie oordenking is geneem uit OP VLERKE VAN GELOOF deur Riekert Botha © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Op vlerke van geloof

Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van ...

More

Ons wil graag Riekert Botha / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid