Leesplan inligting

Moed Vir Elke MôreVoorbeeld

Moed Vir Elke Môre

DAG 7 VAN 7

Volg sy voorbeeld

Om elke môre met nuwe moed op te staan verg nogal ’n groot klomp selfdissipline, positiewe denke, deursettingsvermoë en geloof. Ons dae is mos nie altyd maanskyn en rose nie en daar’s tye wat ons regtig moeg, moedeloos, omgekrap of bekommerd is. Dis ook dié tye wanneer ons geloof begin verwater … en ons dan sommer nóg swakker voel.

Dink vandag aan die pad wat Jesus vir jóú geloop het. Nie een oomblik het Hy gehuiwer op die lydensweg nie, want Hy het geweet: Hy doen dit vir elke gelowige wat die moed het om Hom te volg. Hy doen dit sodat ek en jy eendag met onuitspreeklike vreugde en vryheid saam met Hom kan wees.

Kom ons volg die voorbeeld van ons Here deur onder alle omstandighede lewensgetrou aan ons Vader te bly. Ons weet mos dat sy genade ons vooruitgaan.

Here Jesus, gee aan my die moed om, soos U, régtig vas te byt.

Hierdie oordenkings is geneem uit MOED VIR ELKE MÔRE deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Moed Vir Elke Môre

Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag ontho...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid