Leesplan inligting

Moed Vir Elke MôreVoorbeeld

Moed Vir Elke Môre

DAG 4 VAN 7

Hou steeds aan … en aan

Ondanks ons moed en geloof is daar tye tydens enige groot projek of taak wanneer ons moedeloos raak … wanneer ons sélf begin wonder of ons nie so bietjie naïef en opportunisties was toe ons dit aangepak het nie. Tydens die opbou van die Jerusalem-mure was daar ook só ’n stadium toe die werkers moedeloos-swak gevoel het. “Die bouers se kragte raak op, die rommel is net te veel om weg te vat, ons gaan nooit hierdie muur klaar gebou kry nie,” hoor ons hulle kla (Nehemia 4:10).

Dit was die dapper antwoorde van Nehemia wat hulle laat moed hou het. “Dink eerder hoe asemrowend groot en magtig die Here is,” bemoedig hy hulle in vers 14.

Dapper mens, bly getrou aan jou roeping terwyl jy vashou aan dié God wat groter is as enige probleem en magtiger is as enige teenstand. Só sál jy oorwin.

Hier is my hand, Here, lei my en dra my wanneer ek self nie meer kan nie. Laat u grootheid deur my bevestig word.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Moed Vir Elke Môre

Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag ontho...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid