Leesplan inligting

Moed Vir Elke MôreVoorbeeld

Moed Vir Elke Môre

DAG 2 VAN 7

Los jou kommer by Hom

Die meeste van ons weet dat God probleme kan oplos op maniere waaraan ons glad nie eens kon dink nie. Ondervinding het ons ook al geleer dat – wanneer ons dinge in sy hande los – Hy wél op die regte tyd antwoorde gee. Tog maak ons menslike natuur van ons kommerslawe! Heel dikwels laat ons toe dat spanning en bekommernis ons onderkry en keer op keer bewys God aan ons hoe getrou Hy is; dat Hy ons nooit in die steek laat nie en dat Hy onverpoos vir ons sorg.

Kom ons bid dat die Vader ons kleingeloof-vroueharte gróót sal maak en dat Hy ons die kuns sal leer om Hom régtig te vertrou. Kom ons bid verder dat Hy ons van sy almag en goedheid sal oortuig sodat ons in staat sal wees om ons kommer met vertroue vir Hom te gee … en dit daar te los.

Met behulp van die Gees kán jy die vermoë aanleer om ’n kommerlose en vrý kind van die Allerhoogste te wees.

Here, dis só wonderlik om U met gemoedsrus te vertrou!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Moed Vir Elke Môre

Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag ontho...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid