Leesplan inligting

Moed Vir Elke MôreVoorbeeld

Moed Vir Elke Môre

DAG 3 VAN 7

Elke dag saam met Hom

Soms maak die aanhoudende geroei en gestoei op die lewensgolwe ons moeg en moedeloos. Die see-van-die-lewe het mos ’n manier om ons met tye te oorweldig of dobberend stil te laat staan. Sulke moeg-word-dae is gewoonlik wanneer ons sonder ons Here in die skuite-van-ons-lewens probeer roei.

Dit was ’n windstil aand toe die dissipels destyds sonder hul Meester die see ingevaar het. Hulle het Hom mos nie nodig gehad nie. Baie van hulle was immers gesoute vissermanne wat die natuur soos die palm van hul hand geken het. Kort voor lank het die prentjie egter heel anders gelyk. Die wind en golwe het hulle beheerloos rondgeslinger en benoud het hulle gewonder of dit hul laaste oomblikke gaan wees … totdat Jesus saam met hulle in die skuit klim. Dan bring Hy alles om én in hulle tot bedaring.

Waar is Jesus in jou lewe? Op land of saam met jou in jou lewenskuit?

Here Jesus, kom bly in my en wees deel van my elkedagse lewe.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Moed Vir Elke Môre

Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag ontho...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid