Leesplan inligting

Moed Vir Elke MôreVoorbeeld

Moed Vir Elke Môre

DAG 6 VAN 7

Word sterk

Almal van ons het swakhede – dinge wat ons met die beste wil in die wêreld maar net nie kan oorkom nie. Slegte gewoontes, persoonlikheidsgebreke wat ons kniehalter en troetelsondes is nie maklik om af te leer nie. Ons kan jare lank bid en probeer om hierdie dinge te oorkom en dit dan nog steeds nie regkry nie. Wanneer dit egter jou opregte begeerte is om soos Christus te wees, is jy deur sy Gees tot enigiets in staat. Sy Woord belowe aan ons dat Hy ons juis in ons swakhede bystaan en aan ons die moed sal gee om alles te oorwin.

Glo vandag opnuut dat jy enige struikelblok-sonde kan oorkom, dat jy deur die donkerste tye-van-swakheid sál oorwin en dat Hy jou – selfs wanneer jy verpletter lê – altyd weer sal optel!

Dankie dat U my nooit net sal los nie, maar dat U my juis in my swakheid stérk kan maak.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Moed Vir Elke Môre

Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag ontho...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid