Leesplan inligting

Moed Vir Elke MôreVoorbeeld

Moed Vir Elke Môre

DAG 5 VAN 7

Jou eie Kanaän

God het vir elkeen van ons ’n Kanaän beplan: ’n Plek van melk en heuning waar ons vir altyd gelukkig kan wees. Soms laat ons egter toe dat die wêreld se probleme ons moedeloos laat en dan vergeet ons waarheen ons op pad is. Net soos die volk van destyds, staar ons ons vas teen die mense en dinge om ons sonder om die grootheid van ons God raak te sien.

Onthou: God is groter en magtiger as al jou probleme. Daarom kan jy Hom vertrou vir elke tree van jou lewensreis. Ja, selfs wanneer die oormag té groot lyk. Sien daarom elke dag God se genade in alles raak en onthou dat Hy jou getrou sal lei … totdat jy eendag by sy troon staan.

God sál jou Beloofde Land vir jou gee. Vertrou Hom daarmee.

Dierbare Here, ek wil U volkome vertrou. Dankie dat ek kan en dat ek weet: U sal my nooit verlaat nie.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Moed Vir Elke Môre

Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag ontho...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid