Leesplan inligting

Moed Vir Elke MôreVoorbeeld

Moed Vir Elke Môre

DAG 1 VAN 7

Moenie moedeloos word nie

Die een oomblik lyk alles nog rooskleurig en gaan dinge klopdisselboom … en net die volgende minuut gebeur daar iets wat die prentjie heeltemal verander. Heel dikwels probeer ons so hard om die regte ding te doen … en dan loop alles tóg skeef. Ander kere voel dit asof probleme en teleurstellings sneeubal en jou ellende maar net nie end wil kry nie. Dan het jy goeie rede om moedeloos te word.

Gelukkig ken ons Here ons moedverloor-harte. Ja, Jesus het geweet waarvan Hy praat toe Hy sy dissipels teen die wêreldse teleurstellings gewaarsku het. Juis daarom het Hy soveel kere sy onverpoosde trou aan sy volgelinge beloof.

In Psalm 59:17 lees ons hoe die psalmdigter die Here prys, want Hy bly getrou. Weet: Die son sál skyn … omdat jou Vader dit moontlik sal maak.

Dankie, dierbare God, dat ek U altyd kan vertrou.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Moed Vir Elke Môre

Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag ontho...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid