Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Week1: DIE WIND EN DIE GOLWE
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 14:22-33
Lees weer verse 28-33. Die dissipels se oë word op 'n heel nuwe manier geopen. Wat dink jy sien hulle? Wat sien jy?
Nadat Jesus en Petrus in die skuit teruggeklim het, het die wind bedaar. Wanneer ons onsself te midde van 'n storm bevind, kan dit voel asof alles buite beheer is. Ons weet egter die Woord van God sê God is Here van alles en Here van die ganse skepping. Hy is Here oor die wind en die golwe. Hy regeer! Oor almal! Oor alles! Jy kan rus in sy liefde, sy sorg, sy beskerming en sy mag te midde van 'n woeste storm! Lewe jy ooreenstemmend?
WANDEL IN WAARHEID
Glo jy dat Jesus die Seun van God is? As Hy God en Here van alles is, dien jy Hom asof hy Here van alles is? Lees Markus 12:28-37 en deurdink dit. Is Jesus werklik jou Here?
Hoe antwoord Jesus die skrifgeleerdes se vraag oor watter gebod die belangrikste is? Kan jy sê dat dit vir jou geld? Is dit waar van jou lewenswyse? Ons dade sê meer oor ons geloof as ons woorde. Vra die Here vandag wanneer jy bid om dit so te maak in jou lewe.
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Matteus 14:31-33
"Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: 'Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?' Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: 'U is waarlik die Seun van God.'"

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org