Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 31 VAN 88

Week 3: O HERE, EK IS SWAK

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Mattheus 5:1-12.

Wat dink jy beteken dit om "arm van gees" te wees? Die woord "arm" word gebruik om te verwys na iemand wat in volslae armoede leef; iemand wat absoluut niks het nie. Eintlik is die weduwee met net twee oortjies in Markus 12:42, ryker as die armes na wie Jesus hier verwys.

WANDEL IN WAARHEID
Beskou jouself as arm met niks om na die Here toe te bring nie, nie eens twee kopermuntstukke nie. Al wat jy het om te bring is jou sonde en menslike swakheid. Jesus het gese: "Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele" (Matteus 5:3 AFR53). Dit is wanneer ons voel asof ons niks het en niks is nie, dat God alles vir ons kan wees en Hy verheerlik word.

Lees Matteus 5:1-12 weer en vra Hom om jou te help om jou swakheid en jou armoede te verstaan en oor Hom fees te vier.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Matteus 5:3-5
"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org