Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 34 VAN 88

WEEK 5: VREES GOD



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Deuternomium 31:9-13 en Psalm 25. Wat leer jy omtrent God uit hierdie verse?



WANDEL IN WAARHEID

Tree terug en oorweeg die gedagte dat alles wat jou lewe inkom, elke oomblik, elke dag, elke mens, elke ondervinding, elke omstandigheid goed of sleg is toegelaat, goedgekeur, bevestig en berei deur God. Vra Hom om jou te help om dit te sien as Sy werk in jou lewe, vormend en skawend aan jou om te wees wat Hy jou geskape het om te wees.



Jou dae is nie oorgelaat aan lukrake toeval nie. Jy word nie alleen tuis gelaat om vir jouself te sorg nie. Hy is nie net met jou nie, Hy bewaak, beskerm en dissiplineer jou. Vra Hom om jou te help om in hierdie waarheid te wandel. Vra Hom om jou te help om in die waarheid in Hom te wandel!



FOKUS DIE OE VAN JOU HART

Herhaal sag vandag se fokusverse vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.



Galasiers 2:20

Ek is met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Chirstus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur geloof in die Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my gegee het.


Dag 33Dag 35

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid