Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Week 3: O HERE, EK IS SWAK
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 5:6 en 2 Timoteus 3:3-9.
Ons leef in die laaste dae. Paulus se woorde is so waar in die tyd waarin ons nou leef. Wat het Paulus geïdentifiseer wat nog waar is van jou of waarmee jy nog af en toe sukkel?
Lees Galasiërs 5. Ons is behoeftig en ons is swak. Sonder Christus, is ons nie in staat om God se plan vir ons lewens uit te voer nie. Ons het twee teenstrydige magte binne-in ons (Kolossense 3:1-17), die "nuwe mens" teenoor die "ou mens", die vlees teenoor die Gees. Sonde, die dodelike virus, het ons aard korrup gemaak en die stryd sal tot die einde toe woed. Ons wil nie te midde van korrupsie volgens die ou mens lewe nie. Ons korrupte beeld van God en die wêreld om ons, maak ons bang om Hom te volg, bang dat iets slegs sal gebeur, of bang oor wat ander mag dink.
Ons wil immers nie in vrees nie, maar in geloof lewe! Ons moet in die Gees vooruit stap en nie voor aardse begeertes van die "ou mens" swig nie. Vra die Gees van God om enige sonde uit te wys wat jou weerhou om Hom vreesloos te volg! Bely daardie sonde en keer jouself daarvan af weg. Ons lees in 1 Johannes 1:9: "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid!"
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Matteus 5:3-5
"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang."

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org