Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 32 VAN 88

Week 3: O HERE, EK IS SWAK

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 5:4 en Filippense 2:5-8.

Vra die Here om jou hart te ondersoek. Watter sonde moet jy voor Hom bely? Wat sien jy in jou menslike bestaan wat jou daarvan weerhou om deur die Gees in nederigheid te leef?

WANDEL IN WAARHEID
Dink na oor wat dit beteken om werklik oor jou sonde berou te hê. Vra God om jou die gawe te gee sodat jy jou sonde kan raaksien soos Hy jou sonde sien. Lees deur Openbaring 2-3. As jy nie nou 'n tydjie daarvoor kan afknyp nie, kan jy dalk later vandag daarna kyk. Dit is belangrik om die Here te vra om jou hart te ondersoek.

Wanneer ons harte vasklou aan ander dinge as die Here, is ons geneig om makliker bang te raak. Terwyl jy lees, vra God om jou hart te ondersoek en aan jou uit te wys waar jy dalk jou eerste liefde verloor het, waar jy aardse dinge meer liefhet, waar daar twyfel in jou is, of waar jy aan valse voorwendsels vashou. Vra Hom vir die genade om jou help sodat jy in sy besluite insig sal kry — om te bely en om oor jou verkeerde dade berou te hê. Roep Hom aan in jou gebede en weet dat Hy jou hoor huil.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebede.

Matteus 5:3-5
"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org