Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 30 VAN 88

WEEK 3: O HERE, EK IS SWAK

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Psalm 103.

Wat sê die psalmdigter van God se liefde en begrip vir jou? Wees bemoedig as jy nie mooi weet hoe om die Here te volg nie. Wees gerusgestel in jou swakheid en onvermoë! In jou swakheid en onvermoë sal jy sterker aan Jesus vashou! Jesus het Homself verneder, wetende dat Hy in die beeld van 'n mens gebore is. Verneder jy dan ook jouself. Volg Christus se voorbeeld en vra God om sy genade en hulp.

WANDEL IN WAARHEID
Vra God om jou die genade te gee om selfs vir hulp te vra. Vra Hom dan om jou te wys hoe om Hom te volg. Dikwels, wanneer ons dink ons weet wat ons doen, het ons reeds verdwaal. Lees Psalm 103 weer deur. Wat leer jy omtrent God, sy karakter, sy herdershart? Kies een ding omtrent God en sy karakter om vandag aan vas te hou en te gebruik in jou gebedstyd.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Matteus 5:3-5
"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org