Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 33 VAN 88

Week 5: Vrees God



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Josua 4:19-24.



Watter groot dade het die Here voor jou oë gedoen? Watter groot dade het Hy in Sy Woord opgeteken? Dink aan drie voorbeelde uit jou lewe en, as jy God se Woord ken, dink ook aan drie groot dade van God wat in die Bybel opgeteken is.



WANDEL IN WAARHEID

Wat moet jy doen om jou te help om die groot en magtige dade van die Here te onthou? Toe Hy Goliat tegemoet gegaan het, het Dawid onthou hoe God vir Hom geveg het teen die leeu en die beer. Dis goed om groot oorwinnings saam met God op te teken en hulle op die een of ander manier te stoor. Bêre dit in jou hart en skryf dit miskien later in jou Bybel. Miskien kan jy 'n foto raam wat jou herinner aan hoe God kragtig om jou onthalwe beweeg het in die verlede. Wees baie doelbewus. Deel hierdie dade by 'n gesinsete of oor middagete met 'n vriendin. Hou 'n deurlopende herinnering in jou hart en gedagtes. Deel en onthou hierdie gebeure dikwels.



FOKUS DIE OË VAN JOU HART

Herhaal saggies vandag se fokusverse vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.



Galasiers 2:20

Ek is met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Chirstus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur geloof in die Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my gegee het.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid