Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 28 VAN 88

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Jesaja 45:5. Gaan voort en dink na oor hierdie vers in die lig van alles wat jy gelees en gebid het tot dusver in hierdie leesplan.

OORDINK
Wat wil die Here hê moet jy doen met wat jy geleer het? Wat moet verander in die manier waarop jy dink, optree en jou weeklikse program beplan? Is daar 'n Skrifgedeelte waaraan Hy wil hê jy groot waarde moet heg? Hoe kan jy dit prakties doen? Bring dit alles in gebed voor die Here.

Rus en besin. Is dit waarheid of gevoel? Is dit die Here of is dit ek? Onthou om jouself af te vra: gaan ek my gevoelens en gedagtes glo, of gaan ek God en sy Woord glo? "... kies dan vandag wie julle wil dien ..." (Josua 24:15).

Bring enige vertwyfeling wat jy het voor die Here. Vra Hom om jou groter begrip tydens die volgende paar weke te gee.

RIG JOU HART.
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Deuteronomium 32:39
"Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org